
’n Skool waar kinders akademie ore aansit, lewensvaardighede bou en buite die klaskamer floreer
Ons benadering
By BergKaree Akademie is ons daartoe verbind om 'n koesterende en waarde-gedrewe omgewing te bied vir leerders van Graad 1 tot 7. Gegrond in Christelike beginsels, streef ons daarna om elke leerder te bemagtig om hul volle akademiese en persoonlike potensiaal te bereik.
Ons fokus op die vorming van selfgemotiveerde, veerkragtige individue wat lewenslange leerders word - gereed om hul eie doelwitte te stel, uitdagings te oorkom en met integriteit in die wêreld te staan.
.jpg)
Die ontwikkeling en stimulering van kritiese denke, nuuskierigheid en leergierigheid
Ons doelwit is om kinders se natuurlike leergierigheid te koester en verder te stimuleer.
Tesame met ’n leerder-gesentreerde benadering is die doelwit om seker te maak dat ons leerders weet wie hulle is en hoe hulle wil lewe. Ons wil seker maak dat hulle nuuskierigheid, kreatiwiteit en belangstelling in leer lewendig bly deurdat hulle individuele aandag kry en 'n stem in 'n veilige, stimulerende leeromgewing sal hê.
Verder staan die ontwikkeling van kritiese denke sentraal en word hulle aangemoedig om te vra: Hoekom?
Ons fokus ook op die bemeestering van mensgerigte vaardighede wat nie deur masjiene vervang kan word nie.
.jpg)
Leerder gesentreerde onderrig
Onderwysers werk in klein roterende groepies met leerders, afhangende van hul vaardigheidsvlak en individuele behoeftes.
Ons maak gebruik van dinamiese groepe wat volgens kinders se vermoë en voorafkennis verdeel word om seker te maak dat hulle nie net op hulle vlak bereik word nie, maar ook voldoende gestimuleer en uitgedaag word sodat hulle hulle potensiaal kan ontwikkel en bereik. Daardeur verseker ons ook individuele aandag van die onderwyser om sodoende attent te wees vir die behoeftes en belangstellings van die leerder.

Christelike Waardes
Ons Christelike geloof rig elke aspek van ons dag, omdat Hy die kern van ons menswees is; daarom beïnvloed dit alles wat ons doen. Ons verwelkom alle Christelike geloofsoortuigings, maar fokus spesifiek daarop om soos Jesus te leef en sy waardes en liefde in mense te sien en uit te leef.
